I am at present busy with a project to catch up on the books that I have read since January 2009 when I started with my 36 books a year challenge. This blog documents what I have in a hand written book journal in order to give other book fans the chance to share in my challenge and to have access to reviews of books they might be interested in. Please leave a comment or link to your book blog if you have one.

Showing posts with label afrikaans. Show all posts
Showing posts with label afrikaans. Show all posts

Wednesday, July 20, 2011

March 2011 - Book 7

 
Plaasmoord van Karin Brynard
Plaasmoorde het nog nooit werklik in die Noord-Kaap hulle brutale verskyning gemaak nie, maar 'n jong vrou word op haar plaas brutaal vermoor. By dit alles neem die vee diefstalle in die kontrei dag vir dag toe.

Aanvanklik wou ek dlag nie die boek lees nie want die onderwerp ontstel my geweldig. Maar op aandrang van 'n vriendin her ek dit 'n kans gegee en gelees en wat 'n storie! Heerlike karakters en 'n uiters spannende en ingewikkelde storielyn maak hierdie 'n heerlike en fasinerende lees. Gooi 'n bietjie politiek by en jy het 'n wenner.

Dit mag onregverdig wees om die skrywer met Deon Meyer te vergelyk (aan wie sy erkenning as 'n mentors figuur gee), maar die boek vergelyk goed terwyl dit die unieke kenmerke van die skrywer toon.

Sterk aan te beveel as jy van die tipe fiksie hou - 'n wel verdiende spannende 8/10  

Monday, July 18, 2011

July 2009 - book 22

'n Tapisserie met klein diere van Erika Murray-Theron 

Ek was aangenaam verras deur hierdie boek - ek het altyd gedink dat die skrywer jou tipiese Afrikaanse romantiese boeke skryf. Maar nee, sy skryf meesterlike stories wat ver buite die gewone raamwerk span.

In hierdie boek ontmoet 'n uiters komplekse en diverse familie mekaar vir 'n soort van reunie rondom 'n vakansie. Die uiteenlopende karakters, wat elkeen op sy eie manier tot jou spreek, het ook uiteenlopende geskiedenisse, fyn verweef met mekaar. Dan is daar ook die geraamtes in die familiekas wat ontbloot word.

Werklik 'n goeie en verrassende lees - 8/10

Thursday, July 14, 2011

April 2011 - Book 9

Proteus van Deon Meyer
'n Xhosa man op 'n groot BMW motorfiets, genaamd Thobela(Tiny) Mpayipheli, jaag na Lusaka met 'n harde skyf gevul met staatsgeheime. Hierdie oenskynlik eenvoudige handeareider by 'n motorfiets winkel ontglip keer op keer die elite Presidensiele Intillegensie eenheid, bewapen tot die uiterste met die beste wat tegnologie kan bied.

Soos die storie ontwikkel, ook in die media word sy agtergrond as ex KGB sluipmoordenaar  oopgekrap tot die frustrasie van Janina Mentz en veral Tiger Mazibuko.

'n Spannende en meesterlik geskryfde riller uit die wereld van spioene , tipies van Meyer se ongekompliseerde styl. Totaal aangrypend, selfs met 'n tweede lees.

'n Welverdiende 10/10. Briljant.